Voedingstowwe in Kos en Voeding



Cara Rall - 27166724
Elriesa Prinsloo - 28745523
Chantelle Smit - 28638190



------------------------------------------------------
ALGEMENE INLIGTING
Algemene Inligting oor...
Vir wie gaan die les aangebied word?
  • Die les word aangebied vir graad 6 leerders.
Hoe lank gaan die les duur?
Inleidende fase - 15 minute
Leer- en onderrigfase - 30 minute
Afsluitingsfase - 15 minute( leerders kry 'n werkkaart om te voltooi op eie tyd.)

Uitkomstes van die les:
Wat gaan die leerders weet aan die einde van die les?
1. Vyf hoof voedselgroepe
2. Elke voedselgroep se funksie
3. Voedselwaarde van kos
4. Hoe om 'n gebalanseerde dieet te handhaaf


--------------------------------------------------------------

Die uiteensetting van die lesplan:

Inleidende fase
Die inleidings fase van 'n les is altyd baie belangrik so ons het dit goed gedink om die volgende maniere te gebruik om die leerders se aandag te trek en te behou.
Ons gaan begin deur die vyf hoof voedselgroepe bekend te stel deur uit elke voedselgroep 'n spesifieke voedsel item aan hulle voor te stel.
1.Vrugte en Groente Groep (piesangs & wortel)
2. Graan Groep(brood & pasta)
3. Melk Groep(kaas & Yoghurt)
4. Vette en Olies ( Kookolie & lekkers)
5. Vleis, Vis en Bone (droë wors & Biltong)


Leer- en onderrigfase
Gedurende hierdie fase gaan die onderwyser die leerders meer vertel oor die vyf voedselgroepe en hulle funksies. Die onderwyser gaan vir hulle die voedselpiramiede voorstel sonder voorbeelde. Die leerders gaan dan in groepe verdeel en dan die verskillende voedselsoorte wat by elke voedselgroep pas bespreek en ook elke voedselgroep se funksie aan die klas verduidelik. Een leerder uit elke groep sal dan die voedselitem plaas op die piramiede in die groep waarin hulle ooreen gekom het en die funskie daarvan bespreek. Nadat die leerders hierdie oefening toe gepas het gaan die onderwyser net vir hulle in detail verduidelik oor die funksies.

Die onderwyser gaan dan vir die leerders vra om enige iets (verkieslik voedsel items) uit hul tasse uit  te haal wat 'n etiket op het. Die onderwyser gaan dan vir hulle die belangrikheid van voedingswaarde verduidelik deur die praktiese voorbeeld te gebruik. Die leerders kan hulle items as 'n riglyn gebruik.

Die onderwyser gaan 'n bord vat en verdeel in verskillende porsies van elke voedselgroep. Die onderwyser gaan die verskilldende voedselitems op die bord plaas.
Leerders gaan dan 'n aktiwiteit kry met 'n voorbeeld van 'n gesonde daaglikse dieet en moet dan vrae beantwoord.
Hierdie is die aktiwiteit w





at die leerders gaan moet doen :
Thandi het 'n lys gemaak van al die kos wat sy op een dag  geeet het.
Ontbyt
1 Koppie Graankos
Halwe Koppie melk

Middagete
Twee snye brood
Twee teelepels margarien
Halwe koppie sousbone
Een piesang

Middaghappie
Een appel
Een broodrolletjie
Een groot sny kaas
20 grondboontjies

Aandete
Een koppie rys
Vier visvingers gebraai in twee teelepels olie
Halwe koppie pampoen
Halwe koppie kool
Klein glasie druiwesap

Kyk na die lys hieronder:
1. Hoeveel porsies van hierdie kos het Thandi gehad ?
a) Graangroep
b) Suiwelgroep
c) Vleis, Vis en boontjies
d) Groente en vrugte
e) Vette en Olies
2. Was Thandi se dieet gebalanseerd? Gee redes vir jou antwoord.
3. Maak 'n lys van die kos waarvan sy
a) Meer
b) Minder moet eet


Afsluitingsfase
Die leerders sal 'n A3 grootte voedselpiramiede ontvang wat hulle moet hersien en leer vir die volgende dag se klastoets. Die rede daarvoor is om te kyk of hulle die vorige dag se werk kan herroep. 

------------------------------------------------------------
Video

------------------------------------------------------------
Kontak ons :

Cara Rall
0813305524
cara.rall@icloud.com
kontak student

Elriesa Prinsloo
0823478051
elriesaprinsloo9@gmail.com
Kontak student


Chantelle Smit

0713182663


Kontak student












Comments